26 Dinge wat ek mis van Suid-Afrika

* Apologies to my english friends. This one just has to be in Afrikaans. I might post a translation soon. 

Ons is bederf in Korea met vinnige treine om elke hoek en draai, veilige strate, kimchi, soju en blitsvinnige internet, maar tog mis ons soms die huis. Nou vir wat? Wel, hier is 26 dinge van Suid-Afrika wat my laat huistoe verlang.


  1. wineglassmountains1Goedkoop goeie wyn

“Sit, drink jy rooi of wit?” – wat sou ek nie nou gee
om dit te hoor nie! Soju is okay, maar ek mis my lekker SA wyntjie. Hier in Korea het ek al R100 betaal vir n glas Jannie Verjaar Koeldrank wat iemand as rosé gelabel het. `n Glas goeie wyn is heel bo aan my shopping list die oomblik wanneer ek weer in SA land.

2. Braaivleis

Ek mis die tjoppie of die lekker weskus snoekie op die vuur. Ek mis my braai lawaai tot lank na die bure se geduld opgeraak het. Die reuk. Die rook in my gesig. Die gesels. Dis huis.

braaivleis

  1. Spar

Ek mis Spar toe ry vir brood en melk en by die huis aan kom met 5 sakke vol “absolute noodsaaklikhede”. Ek mis veral die ontbyt rak met so baie opsies! In Korea kies jy tussen Cornflakes of rys vir ontbyt. Ek is `n ontbyt mens en ek mis daai rak met `n passie. Ek mis die nuuskierigheid rondom wie ek nou weer in die rakke gaan raakloop. Dan braai ons sommer die aand.

spar-international-e1401184295949

  1. Diversiteit

Ek mis daai ware Rainbow Nation. Daai rondloop in die strate en so baie verskillende gesigte sien net waar ek kyk. Ons is regtig bederf in Suid-Afrika met so `n diverse nasie. Mens besef eers werklik hoe mooi ons reenboog is wanneer jy heeldag net een taal hoor en een ras sien.

  1. Natuur

Ek onthou hoe ek eendag in Stellenbosch rondgery het en gedink het, “wow, ek moet nogals `n effort insit om die oorweldigende natuurskoon mis te kyk.” Hier moet mens party slae mooi korrel om dit raak te sien tussen die eindelose geboue. Valleie, eindelose bergreekse, plase wat weghardloop oor die horison…ah hemel.
Vineyards-with-Simonsberg.jpg

  1. Breakfast plekke!884f373d8b134f0c9d75afdf6139c7e4

Waar my Mug `n Bean? My Melissa’s? My Meraki? Ek mis `n vroegoggend happie voor die winkels oopmaak by `n lekker plekkie met `n lekker menu. Breakfast plekke bestaan nie hier nie. Die naaste ding aan breakfast wat jy hier sal kry is `n brunch plek. Brunch plekke maak eers 11:00 oop en dan praat ons nou van hoenderslaai vir ontbyt. Party plekke het darem eggs benedict of omelette.

  1. Sushi Buffets

Mens sal dink dat jy sushi vir breakfast sal kan eet as jy so naby aan Japan bly, maar dit smaak my sushi is die graadvang ete menu van Korea – ons kan net hier eet, omdat pa betaal. Ek mis R120 sushi buffets! Ek was al by “sushi buffets” in Korea en ek kan sweer Hilda van 7de Laan het afgetree en haar droom as sushi sjef in Korea kom uitleef. Ek het nou al alles gesien van sushi met kaas, beef, hoender, gaar vis, sprinkles of icing! Dis die sushi sirkus.

  1. Lag in Afrikaans

Mens lag mos maar net lekkerder in jou taal en veral as jou taal Afrikaans is!

  1. Lekker Weer

Ek dog die winter in Kaapstad was koud. Ek het nie `n clue gehad waarvan ek praat nie! Nou mis ek daardie matige winters en somers. Ek mis die dae van nat winters waar `n dik trui warm genoeg is en somers sonder `n humideit wat jou in jou swembroek wil laat rondloop.

  1. Tuine

Kirstenbosch, Stellenbosch, enige plek in Suid Afrika! Ek mis die groen tuine vol blomme en struike wat mens sommer in agterplase sal vind!

ct-big-7-kirstenbosch-winter-1024x855

  1. Huise

Koreane bly almal in flats. Selfs van die rykstes bly ook in flats. Die mure mag dalk baie dun wees, maar die afstand is groot, want daar word nie oor en weer gekuier by die bure nie. Ek het geen idee wie langs my bly nie. Hulle is almal professionele sluipers. My teorie is dat Koreane nie vriende maak met die bure nie juis omdat hulle weet hoe dun die mure is.

Ek mis huise. Waar daar huise is, is daar buurte en waar daar buurte is, is daar kinders op fietse en tannies wat draf klubs join. Ek mis die gemeenskap tussen bure. Ek mis dit om gou-gou oor te hardloop na die tannie oorkant die straat om suiker te leen vir my cupcakes en dan as ek weer kyk is ons almal aan die braai.

  1. Hoe Suid-Afrikaners praat

Ek mis die manier hoe Suid-Afrikaners praat – passievol, eerlik, op die man af. Ek mis mense wat net hulle sê, sê. Ag ek mis sommer mense wat skel ook. Mense wat `n bohaai maak by Spar se customer care counter oor af melk. Mense wat skree van opgewondenheid. Mense wat in die publiek huil en die meeste van als mis ek die wat reageer. Hoeveel keer hier in Korea het ek al in die publiek `n traan gepink en nog nie een enkele keer het iemand gevra wat fout is nie. Genade, in Suid-Afrika kan jy net dink aan `n vloermoer gooi en jy sal `n reaksie kry. Koreane is oor die algemeen vreeslik teruggetrokke en sal nie sommer `n bohaai maak in die publiek nie.

  1. Klein wêreldjie

Ek mis geselsies aanknoop met met mense wat ek nie ken nie en dan agterkom ons ken eintlik soveel van dieselfde mense. Ek wens ek kon gesels met die mense langs my op die bus of trein of die tannie wat altyd my sakke so mooi pak by die markie.

  1. Skoon kraanwater

Ek weet skoon kraanwater is `n groot voorreg en eintlik `n luukse, maar ek mis dit nogal om nie elke dag gebottelde water te moet koop omdat die water te vuil is nie.

  1. Skoon lug

Daar is darem min dinge so lekker soos vars oggendlug. Hier in Korea kan jy maar 4uur in die oggend in jou pienk nighty die straat af draf en die lug ruik steeds dieselfde as enige ander tyd in die dag. Ek mis vars, skoon lug. Ek mis dit om berge in die verte te kan sien wat nie weggesteek le agter besoedeling nie.

  1. Vakansies!

Kyk, Suid-Afrikaners ken darem van ordentlik vakansie hou. Suid-Afrikaners verstaan die noodsaaklikheid van `n ordentlike vakansie elke jaar. Die vakansies in Korea is so kort, jy sal nog dink jy slaan die tent op vir `n lekker tydjie by die see dan moet jy maar jou penne terug pak en die bakkie start. Ek mis dit om op vakansie te gaan en uitgerus terug te gaan werk toe.

  1. Afrikaanse gedigte en Teater

As aktrise en skrywer was Afrikaanse letterkunde en teater nog altyd baie na aan my hart en nou mis ek dit meer as ooit. Daar is nie woorde wat die diep konneksie kan beskryf wat mens ervaar wanneer jy gedigte met iemand deel nie. Ek mis die passie. Die swoeg en die sweet. Meer as alles, die konneksie. Die diep verstaan. Ek mis wel nie die feit dat teatermakers en kunstenaars in Suid-Afrika finansieel so swaar kry nie.

  1. Help

In Suid-Afrika sort ons mekaar uit. Daar is altyd iemand wat iemand ken wat `n nefie het wie se oom jou kan help en as hy nie kan nie ken die se broer die regte ou. Ons laat nie mekaar alleen trek nie. In fact, ons maak sommer `n braai daarvan.

  1. Bazaar poedings en biltong

As ek nou net een van my ouma se bazaar koeksusters of pannekoeke in die hande kan kry sal dit die kersie op die melktert wees! Wat ek darem nie nou sal gee vir `n melktert met `n morsige tuisgemaakte kors, toegestrooi onder die kaneelsuiker nie. Ek het my ma laat belowe dat sy sal reg staan met die pakkie biltong wanneer ek land by Cape Town International.

featured-image-large1eff2b4a473d3c96445be12f09848b6c2548dd7_8a9761ff7c03f17aeea1a61182e5a97a

  1. Sonsondergange

Ek mis `n hemel wat lyk soos `n graad 1 kunswerk – bemors met geel, pienk, rooi en oranje verf. Ek onthou hoe ek menigte middae opad huistoe nie kon fokus op die pad nie, want die sonsondergang was te mooi. Hier in Korea sien mens dit nie sommer nie.

65072

  1. Smartiessmarties-background

Suid-Afrika het nou maar eenmaal `n luukse sweets rak. Van Lindt tot loslekkers, ons is als gewoond. Tussen al daai ouma wange, lollipops, Astros, Liquorice All Sorts en Nik Naks, mis ek die nederige pakkie Smarties. Party mense sal se die pot aan die einde van die Rainbow Nation is vol smarties, ander sal se alle gelukkige herinneringe uit hul kinderdae bestaan uit smarties. Ek sal stem vir enige party wat smarties verniet beskikbaar maak vir almal. “Viva. Smarties for all!”

  1. Protes

Ek mis mense wat so kwaad raak dat hulle aan die dans raak.

  1. Borde langs die padnightjar-rt-matjiesfontein-3-matjiesfontein-railway-station

Ek kan nie wag om weer die lang pad te vat en verby name soos “Matjiesfontein” of “Paternoster” of “Suurbrak” te ry nie.

  1. Labels

In Korea is die winkelrakke vol lucky packets. Wie weet wat in daai blikkie ching chong cha is? Ek mis dit om te verstaan wat ek koop!

25. Boekwinkels

My ma noem die Koreaanse skrif “blommetjie skrif”. Dan is die boekwinkels almal blomme winkels, want al Engels wat mens op daai rakke kry is woordeboeke of boeke om Engels te leer. Die enigste plek waar ek al ander engelse boeke gesien het was by die lughawe en dan praat ons nou van die Fifty Shades Of Greys en die eerste drie Harry Potters. Gelukkig het ons The Bookdepository wat wereldwyd verniet aflewer. Dis fantasties!

26. KykNet

Kyk, laat ek nou die eerste een wees om te erken dat ek planne sal kanselleer om op `n Donderdagaand betyds op die bank te wees vir Koekedoor en dan praaaat ons nog nie eers van my gunsteling komedie “Boer Soek `n Vrou” nie. Dis mos nou lekker man.

13582108_1789032321343000_4954491330624124415_o.png

Sit, skink solank die wyn. Ek ry net gou Spar toe vir biltong en Smarties.


Is jy ook `n Suid-Afrikaner wat verlang van buite die grense? Wat mis jy? Laat weet my gerus in die comments. Ek is nuuskierig!

Advertisements

8 thoughts on “26 Dinge wat ek mis van Suid-Afrika

  1. Agh. Dis verskriklik mooi, man. Ek is a gebore Texan wie het a Afrikaner gemoet agt jaar trug. Ons nou bly in Texas, maar ek is so dankbaar dit ek het in Suid Afrika gebly vir amper drie jaare. My hart is nou half Afrikaner en ek mis die liewe (en ons familie en vriende) dit ons het daar baie.
    …Ek mis Checkers meer dan Spar, alhoewel. ☺️😝

    Het jy eimand anders dit a Suid African is in Korea nie? Ons dink na jou as ons maak pannekooke môre. 😉

    Liked by 1 person

  2. Wow. Baie dankie. As mens eers Suid-Afrika beleef het dan verlang die hart maar altyd, maak nie saak waar mens is nie.
    Ek is bly jy het dit so baie geniet. Ek mis Checkers net so baie! “Beter en beter” hahaha!

    Hier is `n hele paar Suid-Afrikaners hier. Ons braai nou en dan 🙂 Maar mens verlang maar tog na alles Suid-Afrikaans.
    Korea is tog ook wonderlik 🙂

    Geniet die pannekoeke en geniet Texas! 🙂

    Like

  3. So ‘n bek moet jêm kry! My dogter het op ‘n Yank verlief geraak en woon nou in die VSA. Sy het Desember vir my ‘n indrukwekkende lys van sjokolades en nougats gestuur wat ek moes saambring toe ek daar gaan kuier het. Drie weke later was daar maar min oor, darem nog ‘n klompie in die vrieskas ;0)

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s